R290 | $16.50

An account already exists with this email address. Is this you?

Sign in

(on)Natuurlike Ma Boek

Jy is God se A-plan vir jou kinders, al wil jy jouself soms vir aanneming opgee en jou kinders in meer bekwame hande laat.

Elke ma voel soms onnatuurlik in haar maweesrol. (on)Natuurlike Ma gee jou toestemming om te erken dat jy anders is.

  • ontmasker die mite van die "Natuurlike Ma"
  • lees hoe 'n ma soos jy elke seisoen van mawees beleef - van swangerskap tot die oumajare!
  • verstaan die ma's wat jou seergemaak het, vergewe hulle en waardeer ook hulle sterk punte 
  • ontdek watter karaktereienskappe van God jy deur jou unieke mawees vir jou kinders leer 
  • leer die sewe waarhede wat van jou 'n (bo)Natuurlike Ma maak

Enige ma kan met God se hulp moederskap nie net oorleef nie, maar daarin floreer. In jou Godgegewe ontwerp is die inleiding tot die mooi storie wat Hy in jou gesin wil skryf, want jy is gekies vir hierdie voorreg!

Ons nooi jou om eers die toets te doen voordat jy met hierdie boek wegspring. Doen dit deur na www.talltreestraining.com te gaan en op die produkbladsy die skakels na die (un)Natural Mom Profile te volg. Jy kan die toetsuitslag sonder 'n verslag gratis kry, maar as jy graag jou individuele diepteverslag wil aankoop, is dit opsioneel. Hierdie boek gee vir jou R150 afslag op hierdie volledige verslag, omdat ons weet dat dit vir jou saam met die boek se inhoud baie kan beteken op jou groeipad as ma. Dit bevat juis 'n individuele groeiplan wat soos 'n ouerskapafrigter in jou eie huis voel! 

Jy kan die afslag aktiveer deur die skakels te klik om die (un)Natural Mom-profiel aan te koop en voor betaling 'n vraag uit die boek te beantwoord om die prys met R150 af te bring.

[Die afleweringsfooi, PostNet na PostNet, bedrag van R100, is ingesluit by die boek prys]

Please note that this offer is currently only available for delivery in South Africa