Tall Trees Korporatiewe Werkswinkel
R800,00
Tall Trees Korporatiewe Werkswinkel
’n Transformerende spanontwikkelingservaring wat begrip, vertroue en produktiwiteit in jou organisasie versterk. Deelnemers ontdek hul unieke Boomprofiele, leer hoe verskille mekaar aanvul en kry ’n praktiese raamwerk — die 6 K’s — om kommunikasie, konflik, samewerking en leierskap te verbeter. Hierdie werkswinkel bou ’n gedeelde woordeskat, ontlont wrywing, verhoog moraal en help spanne om saam te groei.
Tall Trees Korporatiewe Werkswinkel
Bou spanne wat groei, lei en floreer — saam.
Die Tall Trees Korporatiewe Werkswinkel is ’n transformerende spanontwikkelingsprogram wat organisasies help om begrip, vertroue, produktiwiteit en samewerking te versterk deur die Tall Trees‑profielraamwerk. Hierdie werkswinkel is prakties, visueel, interaktief en geskik vir alle posvlakke — van die ondersteunende personeel tot die HUB — omdat dit fokus op menslike gedrag, leierskap en spanvloei, nie op titels of hiërargie nie.
Die werkswinkel is gebou op Tall Trees se kernfilosofie:
“Persoonlike groei verander nie net wat jy doen nie; dit verander hoe jy dink, hoe jy lei en hoe jy ander inspireer.”
Wat hierdie werkswinkel uniek maak
1. ’n Driedimensionele profiel vir elke deelnemer
Elke spanlid ontvang ’n volledige Tall Trees‑profiel wat drie dimensies dek:
- Werksprofiel — hoe jy take aanpak, jouself in ‘n span handhaaf en onder druk funksioneer
- Sosiale Profiel — hoe jy kommunikeer, emosies hanteer en konflik bestuur
- Lewensuitkykprofiel — hoe jy groei, leer, verandering verwerk en perspektief behou
Saam vorm hierdie drie dimensies die deelnemer se Tall Trees Leierskapprofiel (TTLP) — ’n genuanseerde, praktiese blik op wie jy is as ’n leier, ongeag jou posvlak.
Die Boomtaal: ’n Onvergeetlike manier om mense te verstaan
Die werkswinkel gebruik Tall Trees se bekende Boomsoorte (Roosboom, Sierboom, Palmboom en Denneboom) om gedrag, sterkpunte en strespunte te verduidelik. Hierdie metafore is eenvoudig, visueel en overgeetlik — spanne gebruik dit spontaan in hul daaglikse kommunikasie, nog voordat die werkswinkel verby is!
Elkeen se profiel is so uniek dat dit duidelik word dat niemand in ‘n boks pas nie.
Deelnemers ontdek dat daar nie net vier kategorieë is nie, maar 14 groepe waarbinne elkeen steeds uniek is:
- Die 4 Hoofboomsoorte
- Die 6 Kombinasiebome
- Die 4 Kontra‑bome
En maak die belangrike ontdekking:
“Gelukkig is jy anders as ek, want so vul jy my leemtes aan.”
Hierdie insig vorm die hart van die werkswinkel: verskille is nie struikelblokke nie — dit is hulpbronne.
Die 6 K’s van Spangroei
Die werkswinkel lei spanne deur Tall Trees se kragtige raamwerk vir individuele – en spanontwikkeling:
- Koninkryk — waar jy uitblink
- Kouefront — wat jou dreineer en frustrasie veroorsaak
- Knetter & Knars — jou kommunikasie- en konflikstyl
- Kilimandjaro — waar jy kan groei
- Kernhout — jou unieke sterkpunte
- Kunsmis — wat jy nodig het om te floreer
Elke deelnemer identifiseer en deel hul eie top K’s, en die span leer hoe hierdie verskille mekaar aanvul en versterk.
Wat spanne uit die werkswinkel kry
’n Gedeelde woordeskat vir begrip en samewerking
Die werkswinkel help spanne om oordeel te vervang met insig — deur die Waarderingsboom, wat die pad van Oordeel na Waardeer duidelik uitpak.
“Ek verstaan waarom jy anders is… Jy mag maar anders wees… Jou andersheid vul my aan.”
Praktiese, toepasbare insigte
Spanlede leer:
- Hoe om mekaar se sterkpunte te benut
- Hoe om strespunte te verminder
- Hoe om kommunikasie te verbeter
- Hoe om konflik te ontlont
- Hoe om ’n kultuur van vertroue te bou
Interaktiewe groepaktiwiteite
Die werkswinkel sluit kreatiewe spanopdragte in — soos die bou van ’n span-mascot — wat humor, samewerking en begrip bevorder en elkeen te help sterk staan in hulle unieke “Koninkryk.”
“Leierskap is om te weet wanneer om te buig, wanneer om sterk te staan en wanneer om met ander te dans.” – Hettie Brittz
Die Groeiplan
Elke deelnemer ontvang as deel van hulle profielverslag ’n vierstap‑groeiplan:
- Erken — herken en aanvaar die kerneienskappe van jou profiel as leier
- Verken — reflekteer oor die betekenis en toepassing van jou leiereienskappe
- Vertel — word ’n advokaat vir jou uniekheid en staan ook vir ander se uniekheid op
- Verryk — groei tot jou volle potensiaal deur jou leierskapspeelveld intensioneel uit te brei.
Hierdie plan help spanne om die werkswinkel se insigte in hul daaglikse werkskultuur te integreer.
Wie baat by die werkswinkel?
Die werkswinkel is ideaal vir:
- Bestuurspanne
- Projekspanne
- Ondersteuningsdienste
- Uiters diverse spanne
- Nuwe spanne wat samehorigheid moet vestig
- Spanne wat deur verandering gaan
- Spanne wat konflik, wrywing of lae moraal ervaar
- Organisasies wat ‘n positiewe kultuur wil versterk
Die Impak
Organisasies ervaar:
- Minder konflik
- Beter kommunikasie
- Hoër produktiwiteit
- Sterker vertroue
- Groter spanlojaliteit
- Verbeterde leierskap
- ’n Kultuur van groei en begrip
Bespreek die Tall Trees Korporatiewe Werkswinkel
As jy ’n span wil bou wat:
- mekaar verstaan,
- mekaar aanvul,
- mekaar waardeer,
- en saam groei —
dan is hierdie werkswinkel die ideale beginpunt.

Reviews
There are no reviews yet.