Die Tall Trees Tienerpromosiepraatjie

R0,00

Die Tienerpromosiepraatjies maak tieners, ouers, en onderwysers lus om tieners se unieke temperament en sterkpunte te ontdek, en te verstaan waarom hulle en hul portuurgroep so verskillend dink en optree, en maak dit duidelik waarom die bou van vaardighede vir gesonder kommunikasie, selfvertroue en groei nodig is.

Ons is ‘n gemeenskap van afrigters en fasiliteerders wat uitblink in diens, al is bemarking nie altyd ons sterk punt nie. Deur hierdie bemarkingspraatjie aan te pak en so vorentoe te tree, brei jy die bereik van jou eie roeping uit, sowel as Tall Trees se wêreldwye werk, en ons is opgewonde om jou aan te moedig.

Kontak ons asseblief as ons jou in jou bemarkingspogings kan ondersteun. In sommige verdienstelike gevalle kan ons gratis profiele vir sleutelbesluitnemers voorsien om jou te help om deure oop te maak by spanne of organisasies in jou teikenmark.

This product can only be purchased by members. To purchase this product, sign up by purchasing Tall Trees Coach Membership, Tall Trees Coach Membership – Monthly or Tall Trees Coach Membership – Yearly.

Die Tall Trees Tiener Tienerpromosiepraatjie

Alle bome kan Hoë Bome wees!

‘n Gratis bemarkingshulpmiddel vir Tall Trees Coaches en Fasiliteerders wat graag tiener-TTLPs en Tienerwerkswinkels wil aanbied.

Tieners worstel daagliks met druk weens skool, vriendskappe en verwagtinge van volwassenes — en verstaan dikwels nie waarom hulle op sekere maniere op hierdie stressors reageer nie. Die Tiener Tall Trees Leierskapprofiel (Tiener-TTLP) gebruik Tall Trees se bekende persoonlikheidsprofiele (die Denneboom, Palmboom, Sierboom en Roosboom) om tieners te help ontdek wie hulle regtig is. Hierdie praatjie deel hooftrekkke oor hierdie vier Boomsoorte maar herinner tieners en hulle ouers of onderwysers daaraan dat ons gewoonlik ‘n kombinasie van bome is!

Waar die volledige Tienerwerkswinkel en Leierskapprofielverslae deur interaktiewe oefeninge, stories en gesprekke tieners help om die 6 aspekte van hulle uniekheid hieronder te ontdek, noem die promosiepraatjie dit net en maak die gehoor nuuskierig oor elke tiener se:

  • Koninkryk – die take en situasies wat hulle die beste pas
  • Kernhout – hul unieke sterkpunte en talente
  • Kouefront – situasies wat hulle frustreer en dreineer
  • Kunsmis – wat hulle nodig het om energie, vreugde en produktiwiteit te beleef
  • Knetter en Knars – hoe hulle kommunikeer, konlik oplos en emosies beleef
  • Kilimandjaro – areas waarin hulle nog kan groei

Die promosiepraatjie bevat egter oulike inligting wat nie in die Tienerwerkswinkel is nie, naamlik die algemene denkfoute wat elke persoonlikheidstipe geneig is om te glo (byvoorbeeld “ek moet altyd oraait wees” of “verandering is gevaarlik” uit die boek Don’t Change Them; Grow Them), sodat tieners dit kan herken en hulle denke kan herformuleer. Hulle sien ook soos watter populêre karakters hulle is!

Hierdie praatjie is ‘n lusmaker vir die volledige belewenis waarvoor tieners elkeen hulle eie verslag nodig het en waarvoor jy as fasiliteerder/coach die volledige Tienerwerkswinkel nodig het.

Vir Fasiliteerders/Coaches: Hierdie promosiepraatjie is ontwerp om deur geakkrediteerde Tall Trees-fasiliteerders by skole, kerke of jeuggroepe aangebied te word. Dis geskik vir ‘n tienergehoor, vir ouers, onderwysers, of ‘n gemengde gehoor van tieners en volwassenes wat graag tieners wil verstaan. Dit sluit ‘n aanpasbare aanbieding, Mentimeter-gebaseerde interaksie en begeleidingsmateriaal in. Die inhoud vloei uit Hettie Brittz se werk en is met toestemming deur Hannelet Labuschagne (‘n Geakkrediteerde Immergroen Ouerskap- en Tall Trees Coach) vir ‘n tienergehoor aangepas.

Elke aanbieder mag die gratis praatjie verkort afhangend van die tyd wat vir die praatjie beskikbaar is. Dit mag egter onder geen omstandighede teen betaling gelewer word nie. 

Uitkoms: Tieners of opvoerders verlaat die praatjie met groter selfkennis, nuuskierigheid om hul eie en ander se gedrag beter te verstaan — sodat hulle, soos die Tall Trees-leuse sê, hul lewe kan laat groei. Die hoop is dat hierdie nuuskierigheid lei tot werkswinkels en profielverkope vir elke fasiliteerder wat dit aanbied!

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Tall Trees Tienerpromosiepraatjie”

Your email address will not be published. Required fields are marked *