Tall Trees Korporatiewe Promosiepraatjie
R0,00
Die Tall Trees Korporatiewe Promosiepraatjie is ’n gratis, gereed-vir-gebruik aanbieding vir ons afrigters en fasiliteerders om die Tall Trees Korporatiewe aanbod en TTLPs te bemark. Dit stel aan jou kliënt ’n driedimensionele profiel voor (Werk-, Sosiale- en Lewensbeskouingprofiel) en gee ‘n inleiding tot ons unieke “6 FKs”-raamwerk, gee hulle alles wat hulle nodig het om spanne — van die ondersteuningsdienste tot die Hoofbestuur — te versterk in begrip vir mekaar se sterkpunte, strespunte en kommunikasiestyle, sodat vertroue, prestasie, produktiwiteit en personeelretensie verhoog kan word. Gebruik dit om voornemende kliënte bekend te stel aan individuele profiele, die grondslagwerkswinkel, opvolgsessies en gepaste afrigting (coaching).
Ons is ’n gemeenskap van afrigters en fasiliteerders wat uitblink in diens, al is bemarking nie altyd ons sterk punt nie. Deur vorentoe te tree en hierdie Promosiepraatjie aan te bied verbreed jy die reikwydte van jou eie roeping sowel as Tall Trees se wêreldwye werk, en ons is opgewonde om jou aan te moedig!
Kontak ons gerus as ons jou in jou promosiepogings kan ondersteun. In sommige verdienstelike gevalle kan ons gratis profiele vir sleutelbesluitnemers voorsien om jou te help om deure oop te maak by spanne of organisasies in jou teikenmark.
Die Tall Trees Korporatiewe Promosiepraatjie
Alle bome kan Hoë Bome wees!
’n Gratis promosiehulpmiddel vir Tall Trees-fasiliteerders en -afrigters om GRATIS aan voornemende kliëntmaatskappye aan te bied.
Gebruik hierdie aanbieding om organisasies bekend te stel aan die Tall Trees-gereedskapstel, veral die Korporatiewe Werkswinkels en TTLPs — watter probleme Tall Trees-intervensies kan oplos, hoe ons benadering anders is, en hoe ’n groeipad vir hulle span kan lyk.
Die Probleem wat Ons Oplos
Ons maak nie aannames oor maatskappye se probleme nie — ons luister fyn na ons kliënte se pynpunte en pas hierdie praatjie aan om die Tall Trees-gereedskapstel te verbind met die uitdaging wat hulle ervaar. Hierdie voorbeeldpraatjie is gebaseer op gesprekke wat ons korporatiewe fasiliteerders met kliënte soos joune gehad het. Uit hierdie gesprekke is ’n paar pynpunte geïdentifiseer wat ons in hierdie promosiepraatjie aanspreek.
Jy sal hierdie pynpunte aanpas volgens wat jy leer, deur die riglyne te gebruik en jou skyfies te redigeer, sodat dit relevant is vir jou kliënt.
Ons voorbeeldkliënt het gesukkel met:
- swak kommunikasie
- onderprestasie
- hoë personeelomset
- lae vertroue
- mikrobestuur
Ons het dit in die promosiepraatjie ingebou en dit verbind met wat Tall Trees bied:
Die meeste spanwerkkrisisse is nie weens persoonlikheidsprobleme nie — dit is weens begripsprobleme. Swak kommunikasie, onderprestasie, hoë personeelomset en lae vertroue vloei nie uit botsende persoonlikhede nie; dit vloei uit spanne wat nog nooit ’n gedeelde woordeskat en raamwerk gehad het om mekaar se sterkpunte, strespunte en werkstyle te verstaan en met mekaar te versoen nie.
Wanneer daardie begrip ontbreek:
- Sal verwagtings wat nie ooreenstem nie konstante wrywing veroorsaak en taakvloei vertraag
- Vorm produksiebottelnekke omdat mense nie mekaar se rolle en werkstyle verstaan nie
- Sluip mikrobestuur in en verloor die maatskappy juis dié mense wat ten alle koste behou moet word
- Volg lae moraal en hoë personeelomset omdat ’n gebrek aan begrip vertroue ondermyn
Wanneer begrip groei, groei produktiwiteit, personeelretensie en vertroue daarmee saam.
Tall Trees kan hierdie begrip kweek!
En terwyl jy voorberei … onthou om ’n aspek van ONTWERP, VERHOUDING, GROEI en DOELGERIGTHEID (PURPOSE) in te sluit — ons vier TreeTribe-sleutelwoorde.
Die Tall Trees-verskil
Tall Trees is nie nog ’n eensydige persoonlikheidstoets wat een keer ingevul en dan vergeet word nie. Ons benadering is:
- Driedimensioneel — Die Werksprofiel, Sosiale Profiel en Lewensuitkykprofiel vorm saam die kliënt se Leierskapprofiel, en is nie net in een konteks (by die werk óf tuis) relevant nie
- Vir elke posvlak — geskik vir almal van die ondersteuningsdienste tot Hoofbestuur
- Genuanseerd, nie ingeboks nie — mense word nooit tot ’n enkele rigiede tipe gereduseer nie
- Onvergeetlike metafore — gebou op kleurryke Boomsoort-benamings wat die visuele kenmerke van elke tipe met karaktereienskappe verbind sodat spanne dit maklik onthou en hulle alledaagse gesprekke gebruik
- ’n Groeiplan, nie net ’n uitslag nie — elke profiel kom met ’n ingeboude vorderingskaart
- Kultuurversterkend, nie net tiperend nie — die doel is ’n sterker span, nie ’n etiket om elke spanlid se nek nie
Die Raamwerk: Die 6 K’s van Spangroei
Ons eie raamwerk help spanne om ses kernaspekte van hoe mense groei, werk en verhouding bou, te verstaan:
- Koninkryk— die take en situasies waarin elke spanlid uitblink
- Kouefront — die faktore wat stille bedanking (“quiet quitting”) en uitbranding voorspel
- Knetter en Knars — elke lid se kommunikasie- en konflikneigings
- Kilimandjaro — praktiese stappe na beter spanwerk en gesamentlike groei
- Kernhout— die ingebore sterkpunte wat elke lid na enige taak bring
- Kunsmis — die sleutels tot moraal, produktiwiteit, lojaliteit en personeelretensie
Wat hulle Span uit die Aanbieding kry
- ’n Gedeelde woordeskat om oor verskille te praat
- Werklike begrip van mekaar se sterkpunte en strespunte
- Insig in hoe kollegas die beste kommunikeer
- Minder oordeel en meer vertroue
- Praktiese hulpmiddels om ’n span van wrywing na vloei te neem
Die Groeiplan wat Jy aan hulle kan Bied
Ons program is ontwerp om oor tyd diepgaande waarde en transformasie in maatskappye in te bou — nie om na een tref-en-trapsessie te eindig nie:
Aanbiedinge | Belegging en Impak
- Individuele Profiele ’n Vinnige 8‑minute inventaris, gevolg deur ’n gedrukte persoonlike verslag en groeiplan
- Grondslagwerkswinkel ’n Halfdag- tot voldagsessie waartydens die span hul 6 K’s ontdek en wederydse insig bou
- Opvolgwerkswinkels Dieper sessies oor Spandinamika (Tall Teams), Produktiwiteit, Kommunikasie en Kapasiteitsbou
- Gepaste Afrigting (Coaching) Individuele en span-afrigting met fyn, lasergefokusde doelwitte
Volgende Stappe om Voor te Stel
- Bespreek ’n Gratis Behoeftebepaling — ’n gratis 1‑uur konsultasie om die span se fokusareas te identifiseer
- Bied ’n Gratis Loodsprofiel vir ’n sleutelbesluitnemer in hul besigheid aan (vra dit aan by ons kantoor!)
- Skeduleer ’n Korporatiewe Grondslagwerkswinkel en help hulle om ’n span te bou wat saam groei
“Wat ophou groei, sterf gou. Wat aanhou groei, leef — en versprei gou sy lewe verder as homself.”

Reviews
There are no reviews yet.